Groot eer vir dok Fafa Malan

Bron: Mediaverklaring Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, foto: Landbou.com

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het die MT Steynprys vir Natuurwetenskaplike en Tegnologie vir 2021 aan die bekende dieregesondheidveearts, dr Francois (Fafa) Malan toegeken.
 
Dié prestigeprys word toegeken aan “‘n persoon vir sy/haar skeppende bydraes tot die ontginning, organisasie en volgehoue uitbouing van die natuurwetenskap en/of die tegnologie (of ‘n vertakking of vertakkings daarvan) en die suksesvolle toepassing daarvan in breër verband soos in landsbelang. Die prys word gesien as ‘n kroon op ‘n lewenstaak en kan daarom net een maal aan ‘n persoon toegeken word. Dr Malan vertolk tans verskeie rolle in die dieregesondheidsbedryf van Suid-Afrika, vernaam in die veebedryf wat bydra tot voedselsekuriteit en -veiligheid in die land,” aldus die Akademie.

Die mees opvallende komponente van dr Malan se skeppende bydrae tot die natuurwetenskap lê in die ontwikkeling van die FAMACHA-sisteem om weerstandigheid teen haarwurminfestering by kleinvee te bepaal, die gebruik van media om die boerderygemeenskap te bereik en toe te rus, asook die nasionale maandelikse siekterapporteringstelsel wat opgebou word uit inligting verkry van bykans 160 veeartspraktyke en ander instansies.

Hierdie stelsel is ‘nbelangrike hulpbron vir alle instansies en individue betrokke by dieregesondheid, insluitend die regering en die Fakulteit Veeartseny by die Universiteit van Pretoria. Op 75-jarige ouderdom is hy nog elke dag besig om ʼn bydrae te lewer op die gebied van parasietbeheer deur die beginsel van Doelgerigte-Selektiewe Dosering (DSD) wat wêreldwydgebruik word.

The South African Pork Producers’ Organisation (SAPPO) coordinates industry interventions and collaboratively manages risks in the value chain to enable the sustainability and profitability of pork producers in South Africa.