Eerste virtuele landbou skou en konferensie uitverkoop

Bron: Mediaverklaring, Graan SA, foto: AgriOrbit

Die Suid-Afrikaanse landboubedryf het weereens sy deursettingsvermoë getoon met die aanbied van die eerste NAMPO Virtueel. Met die nalatingskap van die NAMPO Oesdag, neem die NAMPO-handelsmerk nog ‘n tree vorentoe met dié inisiatief om aan sy vennote en kliënte die geleentheid te bied om steeds produkbekendstellings te doen, handel te dryf en bande te smee.

Die NAMPO Virtueel handelskou is trots om te kan aankondig dat die “Uitverkoop” -bordjie gehang kan word op al drie virtuele sale, wat ten volle deur die landboubedryf ondersteun word. NAMPO as ‘n handelsmerk is nog altyd meer as bloot ‘n handelskou en alles word gedoen om die Virtuele weergawe “meer as bloot ‘n stalletjie” te maak.

Handelsbesoekers sal bly wees om te weet dat die toegangsfooi deur Graan SA geskrap is. Besoekers kan nou gratis aanlyn registreer by www.nampovirtual.co.za.

Wat kan besoekers verwag? 

Suid-Afrika se voorste landbouverskaffers gaan in drie virtuele sale te sien wees en elke virtuele stalletjie het ‘n webinaar-program vir besoekers, ‘n kletskamer en verskeie aflaai-lêers met brosjures en ander inligting.

Besoekers kan ook deelneem en hulle eie virtuele ervaring op die platform deel met My NAMPO by www.nampovirtual.co.za. Daar is verskeie interaktiewe geleenthede wat insluit: ‘n fotogallery waar lojale en gereelde NAMPO-besoekers hulle fotos en herinneringe van NAMPO kan deel. Daar sal ook verskeie kompetisies, gelukkige trekkings en spesiale aanbiedinge wees.  

Die skep van ‘n digitale televisiekanaal, saam met die virtuele handelskou, bied beslis ‘n nuwe ervaring van NAMPO en dit sal besoekers in staat stel om vir die vier dae van NAMPO ‘n verskeidenheid van inhoud te ervaar, van paneelgesprekke, kookprogramme tot vermaak. Dié komplinemtêre kanaal is toeganklik vir alle besoekers wat vooraf geregistreer het.

NAMPO Virtueel skop af op Woensdag 9 September en duur tot Saterdag 12 September 2020. Die skoutye is van 09:00 – 19:00 daagliks, behalwe vir Saterdag wanneer die skou om 14:00 sluit.

Vir meer inligting en om te registreer as ‘n besoeker besoek gerus www.nampovirtual.co.za.

The South African Pork Producers’ Organisation (SAPPO) coordinates industry interventions and collaboratively manages risks in the value chain to enable the sustainability and profitability of pork producers in South Africa.